Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Apr 02 2026
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

SAOG deurslaggewend vir SA se landbougroei

Wenner

Verloorder

Veediefstal: Nuwe patrone, hoër geldverliese • Veediefstal is besig om af te neem. Van 2018 tot vandag, oor ál vier kwartale per jaar bereken, het veediefstal met gemiddeld 29,5% gedaal. Die waarde van gesteelde vee het egter tot meer as R1 miljard/jaar gestyg.

’n Tyd van aanpassing

Briewe

Manie

Uitvoerbedryf kan op ramp afstuur • Die vrugtebedryf moet te midde van groot onsekerheid as gevolg van die Midde-Oosterse konflik planne rondom logistiek beraam.

Voorraad ‘gewurg’ om voordeel uit prys te trek • Verspreiders en grootmaathandelaars van brandstof het reeds hul voorraad aan veral private brandstof-aankopers begin wurg met die verwagte brandstofprysverhogings in April. “Suid-Afrika het nie ’n probleem met brandstofvoorraad nie, ons het ’n prysprobleem,” sê ’n boer wat ook ’n private brandstofstasie besit.

Meer as 20 wenke om brandstofkrisis te pypkan • Terwyl die missielaanvalle in die Midde-Ooste voortduur, neem die onsekerheid oor prysdruk en beskikbaarheid van brandstof in Suid-Afrikaanse landboukringe toe. Hoewel daar volgens belanghebbendes en regeringsbronne voldoende voorraad in die land is – met olietenkskepe wat steeds in hawens soos Durban lê – het die kombinasie van geopolitieke spanning, ’n stygende ruolieprys en markgedrag ’n knyptang geskep wat produsente direk raak.

48 mynaansoeke in drie maande: ‘Publiek kan help’

SA se 10-jaarplan: Is dit haalbaar? • Het Suid-Afrika die nodige stappe, maatreëls en ander aspekte gereed om Brasilië en Bolivië se sukses om bek-en-klouseervrye status te behaal, na te doen? Dr. Gideon Brückner, ’n wêreldkenner, verduidelik watter lesse Suid-Afrika by dié twee Suid-Amerikaanse lande kan leer.

Vyf belangrikste lesse vir SA

‘Moenie boere oor oorlog uitbuit nie’ • Graan SA doen ’n beroep op verskaffers aan boere om nie die huidige onsekerheid oor insetkoste weens die oorlog in die Midde-Ooste uit te buit nie. Vrae word ook gevra oor kommissiestrukture.

‘Ons het jul pleidooie oor Wet 36 gehoor’ – minister

Leemte in navorsing oor onkruiddoderweerstandigheid • Die voorkoms van misbredie wat teen meer as een soort onkruiddoder weerstandig is, is kommerwekkend, het prof. Juan Vorster van die Universiteit van Pretoria (UP) se navorsingsinisiatief oor onkruiddoderweerstandigheid aan die mieliewerkgroep op die Graan SA-kongres gesê.

Appèlhof skrap Merwede-saak • In ’n opspraakwekkende saak waarin die insolvente Karooboer Carel van der Merwe sy hofstryd voortsit, is sy aansoek geskrap en sy kwelling oor die Land Bank se verskyningsbevoegdheid onbeantwoord.

Landbou bly aan agterspeen suig in begroting • Vir die eerste keer in byna twee dekades is daar meer gunstige as ongunstige aspekte in die begrotingsrede. Die persentasie wat aan die landbou afgestaan word, sou wel kon doen met ’n paar ekstra nulle.

Die knelpunt vir kunsmis • Die winsgewendheid van boerderye is onder ongekende druk, en die skerp styging van insetpryse wat deur die konflik in Iran aangevuur gaan word, kon eintlik nie op ’n slegter tyd gekom het nie. Is dit die sneller wat oorbemesting gaan nek omdraai?

Só kom jy deur lae pryssiklus • Dit verg buitengewone moed wanneer ’n graanboer in ’n lae pryssiklus om oorlewing veg, maar selfs méér moed is nodig om die geleenthede aan te gryp wat in die moeilike tye na vore kom.

Oormaat kunsmis maak grond ‘verslaaf’...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans